J. C. Landman

Na maande se voorbereiding en opgewondenheid is ek uiteindelik in Duitsland! En dis soveel anders as wat ek verwag het dit gaan wees… alles is soveel mooier, interessanter en lekkerder! Duitsland is beslis ‘n ander wéreld en daar is niks Suid-Afrikaans aan die alledaagse lewe hier nie. Selfs die rekenaar waarop ek nou tik is anders as dit waaraan ons gewoond is! Hier is ‘n paar oomblikke wat ek nie sommer gou sal vergeet nie:

Ek en my gasbroer het vir die middag met die trein na die pragtige stad Düsseldorf toe gery. Ons het in die alombekende Königsallee afgestap en ek het in verwondering gestaar na die ongelooflike argetiktuur van die geboue. Elke standbeeld en fontein het ‘n storie wat boekdele spreek en diep in mens se hart gaan draai. Ons het vir ‘n stappie langs die bekende Rynrivier gegaan (foto), en dis iets wat ek nooit sal vergeet nie… Die prentjie van die massiewe rivier en die stad in die agtergrond.

Ons het een van die FIFA-sokkerwéreldbeker wedstryde gaan kyk… vir vrouens! Die gees in die stadion was ongelooflik en die ‘Mexican Wave’ was natuurlik protokol. Dit was ‘n baie opwindende wedstryd en Frankryk het Kanada 4-0 oorwin! Ek en my gaspa (foto) was bly hieroor, maar die res van die gesin het saam met die Kanadese getreur.

Köln se bekende katedraal is die mooiste mooi wat ek al ooit gesien het! Dit is té groot en ongelooflik om te begryp of in woorde vas te vang. Die enorme katedraal toring oor die stad uit en dit was beslis die moeite werd om die 533 trappies tot bo uit te klim. Die binnekant is iets uit ‘n ander wéreld en het my asem weggeslaan. Die antieke kerkbanke en mosaiek vensters het my vir ‘n oomblik laat dink dat ek iewers in die 1300’s vasgevang is.

Die skool waarby ek is het agttien Amerikaanse uitruilstudente ook as besoekers gehad. Ek het hulle in die tweede week van my verblyf hier in Hagen ontmoet en ons het sedertdien baie goeie vriende geraak. Ons is een middag saam met die Engelse klas op ‘n uitstappie na ‘n ou koolmyn in Essen toe (foto), en ons het almal Duitsland se gewilde Döners geeet. Ek het nie in my wildste drome gedink dat ek Amerikaners in Duitsland gaan ontmoet nie, wat nog te sé dat ons sulke goeie vriende sou word. Hulle het my almal genooi om by hulle in Indiana, VSA te gaan kuier… so, my volgende trippie is beslis Noord-Amerika toe!

Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd hier in Duitsland verby is nie en ek wens alles kan weer van vooraf begin! Volgende week hierdie tyd is ek saam met 44 ander Suid-Afrikaners in Switzerland en ek glo ons gaan ‘n ongelooflik tyd daar ook hé. Hierdie paar weke in Duitsland het my ‘n nuwe mens gemaak en ek het ‘memories’ wat ek vir ewig sal koester. Ek kan dan nou ook met trots en ‘n groot glimlag sé: Deutschland über alles!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s