Baie geluk J.C.!

Ek het ‘n epos van J.C. Landman, een van ons Juniedeelnemers, ontvang. Die FSA treur nie net saam met ons ouddeelnemers as daar slegte nuus isnie, ons juig ook as daar goeie nuus is.

Ons is saam met J.C. en sy ouers bly oor die goeie nuus wat hy gekry het.

Hier is die teks van die epos:

Ek hoop dit gaan nog goed met die hele FSA-span en ek sien julle is al klaar weer hard aan die werk met die Desember-groep… alle sterkte daarvoor! Ek kan net weereens sê dat dit wat FSA vir my gebied het, iets is wat ek nie in woorde kan beskryf of êrens anders in my jonglewe sou geleer het nie – baie dankie daarvoor! Dis dan nou juis hoekom ek hierdie e-pos vandag vir Oom stuur; ek het goeie nuus…

Toe ek sowat vier weke terug by die skool instap, het ek agtergekom hoe baie werk ek gemis het en dan nog iets… die prefekteverkiesing was om die draai! ‘n Mens is mos maar altyd skrikkerig vir so iets en ek kan nie glo dat ek nou in graad elf is en dat dit my beurt is om as genomineerde kandidaat op die verhoog te gaan staan nie. Om ‘n lang storie kort te maak, die aankonding was hierdie Woensdag en ek is as hoofseun van my skool aangewys – wat ‘n ongelooflike groot voorreg is dit nie vir my nie!

Ek is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en baie mense het my al gewaarsku oor die groot verantwoordelikheid en al die take wat nou op my wag, maar ek het ‘n hele maar goed waaraan ek kan vasklou en wat my deur die termyn gaan dra, en een van hierdie dinge is natuurlik my uitruil-ervaring! Ek is ‘n sterkter mens as wat ek die 24ste Junie hier weg is en alles wat ek in die ‘Universiteit van die Lewe’ (soos Oom dit noem) geleer het, gaan ongetwyfeld ‘n groot rol speel in my leiersposisie. Ek het nou ‘n beter idee oor waaroor die lewe werklik gaan en wat daar buite aangaan. Ek kyk met ander oë na mense en ek waardeer alles wat ek het soveel, soveel meer. Baie dankie vir die lewenslesse wat ek kon leer deur julle program!

Hou my asseblief op hoogte van wat aangaan by FSA en stuur groete vir almal in die kantoor! As ek eendag deur Naboom reis, sal ek beslis ‘n draai kom maak.

J. C. Landman

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s