Nog ‘n vuurtjie begin klein – Hoërskool Nico Malan, Humansdorp

Ek het nog ‘n mooi epos ontvang van iemand wat besluit het om iets meer te doen as net van die kantlyn af jammer te kry. Mia van Wyk het opgestaan om getel te word.

 

Na die onderhoud het ek baie gedink oor wie en wat ek is en watter verskil ek in mense se lewens kan maak. Toe ek die middag by die huis kom, het ek my ma-hulle hoor praat oor hulle werknemers en hulle kinders en oor hoe bevoorreg ons eintlik is om als te he wat ons het, toe het ek die idee gekry om betrokke te raak by die werkgewers en hulle kinders! daar is sowat 24 enkellopende ma’s met kinders en hulle kry maar swaar, ek het van my vriende gekry om ou klere, komberse, kos, boeke ens. aan hulle te skenk, ons gaan in Oktober (dis nou bietjie besig met eksamen wat om die draai is!) dit aan hulle oorhandig en vir hulle n partytjie hou, met hulle speletjies speel ens. Een van my vriende het selfs gese hy sal soos n nar aantrek! ek sal beslis vir oom n paar fotos stuur!

Na ek met my ouers oor die idee gepraat het, het ek my pa oorreed om van die werknemers se kinders wat akademies presteer se skoolgelde te betaal!

Ek het ook met die tannie wat die bybellees&bid-groep by ons skool lei gaan praat, en sy het gese ons kan volgende kwartaal beslis daarop fokus om vir ons land en regering te bid!

Ek is baie bly ek het vir die onderhoud met oom gegaan, nie net het dit my aangemoedig om n verskil te maak nie, maar ook die saadjie by my vriende geplant! Hopelik sal dit die snowball effect he en net nog groter groei!🙂

 

One thought on “Nog ‘n vuurtjie begin klein – Hoërskool Nico Malan, Humansdorp

  1. Fantasties! Die jonger generasie IS die mense wat die verskil kan EN gaan maak in die land! Elke klein dingetjie wat ons aan miskien net een mens se lewe maak, is aan die einde van die dag meer waardevol as wat mens ooit sal weet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s