Ermelo, perde en Bertus

Ons onderhoude is byna verby.

Ermelo was ‘n groot stop, ‘n lang Sondag met baie mense wat ver moes ry om hul onderhoude te doen.

Nanda, die eienares van die La Dolce Vita gastehuis in Ermelo  het vir ons haar sitkamer aangebied waar ons die onderhoude kon doen. In die hoek van die sitkamer het haar seun Bertus se baadjie gehang. Hy was ‘n uitruilleerling. In sy derde jaar op universiteit is hy in ‘n ongeluk dood.

Baie dankie Nanda vir jul groot gasvryheid die Sondag. Ons waardeer dit.

Die laaste twee meisies daardie Sondag het al die pad van Bethlehem gekom. Hulle het eers die Saterdagaand uit Namibië teruggekom waar hulle aan ‘n perde uithourit oor 120 km deelgeneem het. Dit was nie oor verskeie dae verdeel nie, hulle het die afstand op een dag afgelê!

Die twee marathon ruiters.

Joané, links op die foto, het vir die SA span deelgeneem en die rit in 6 uur 48 minute voltooi. Martiné, regs, se tyd vir die 120 km was 7 uur 15 minute.

Die perde word gereeld op die roete deur veeartse ondersoek om seker te maak hulle is in ‘n goeie kondisie.

So lyk die roete deur sand en oor duine.

Dis nie net ry nie, die ruiters moet die perde te voet oor die hoë duine lei. Hier lei Joané haar perd Pennie.

Joané en Pennie op die strand.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s