Nog pos uit Duitsland

Anri Vosloo

My verblyf hier in Duitsland is net wonderlik. Die eerste dag van skool was nie grappies nie. Dit was heel waarskynlik (letterlik en figuurlik) die langste skool dag van my lewe maar die tweede een was heelwat beter. Ek gaan vandag eers later skool toe aangesien gedurende die nag my ma se pa in die hospitaal ‘n terugslag gehad het. Sy is nou na hom toe. Die seun is met die ander kar na sy skool toe so daar is nie nog een nie. Daar is net een fiets so my sussie is met hom skool toe. Sodra my ma terug kom gaan ek skool toe.

Dankie vir al die reëlings om ons hier te gekry het en om ons almal se verblyf baie gerieflik te gemaak het.

Francois Jonker

Oom skryf aan ons dis nou die regte weer in Suid-Afrika vir pannekoek, wel ek sê dis nou weer die perfekte weer hier by my vir glühwein aud lebkuchen. Ek geniet elke oomblik en is nie ‘n oomblik spyt dat ek deel van die program is nie!! Baie dankie vir die geleentheid wat oom en die ander lede van die FSA ons bied- dit is iets wat ek nooit sal kan en wil vergeet nie.

Ek kon ook nie vir ‘n beter gasgesin gevra het nie. Die Hesterbergs het my onmiddellik tuis laat voel en ons raak by die dag ‘n meer gehegte ”gesin”. Soos oom reeds weet is dit maar baie koud nou, maar ek sal nie kla nie. Dit was ek self wat vir die Desember uitruil aansoek gedoen het🙂. Die natuurskoon is ook iets om te bewonder. Die skool is ook nogal interessant, al verstaan ek nou nie baie nie. Gelukkig doen my gasheer (Lukas) alles in sy vermoë om my gemaklik te laat voel en hy moedig gereeld die kinders aan om eerder Engels te praat as Duits (hy betrek my by die groep).

Ek glo dat ek weer van oom sal hoor, maar indien dit nie so is nie wil ek sommer nou van die geleentheid gebruik maak om vir oom ‘n mooi en geseënde Kersfees asook ‘n voorspoedige nuwe jaar toe te wens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s