`n Paar boodskappe uit Duitsland!

 

Theresa Theron

Hallo oom!!

 

Gaan nog so goed hier in Duitsland. Die skool het vandag gesluit so het nou finally vakansie. Kan nie wag om die kersfees hier te beleef nie moet se was kla vir my so anders om =91n lewendige kersboom te gaan kry. Het die presentation ook die week gedoen en dit was AWESOME, het dit soveel geniet om al die funny vra te antwoord en als. Oom was reg daar is niks lekkerder as ‘n Duitse kersmark nie dit is verby amazing. Het al so bietjie sneeu gehaad,maar dis volgens hul nog te warm so dit smelt gewoonlik vinnig.

 

Die Duits vorder al maar ek sukkel nog daarmee. Dit is so funny om vir hul afrikaans te leer, hul prober rerag baie hard maar sukkel om die “r” te se, nou kan oom dink wat se snaakse woorde daar uit kom.

 

Hoop oom geniet nog die warm SA. Moet se mis die son baie. Maar Geseende Kersfees vir oom en die hele groep van fsa hoop dis ‘n wonderlike daggie en Happy New Year, mag die jaar wat voorle ‘n groot sukses wees.

 

Liefde en groete

 

Theresa

Sainishkhel Maharajh

MERRY CHRISTMAS TO YOU

 

Germany is amazing and I know that all the pupils from the Brake region are enjoying the exchange student programm

 

I will see you in Frankfurt

 

yours thankfully

 

Sainishkhel Maharajh

Riehanné Nel

Hi  Lodie

 

Ek geniet my gate uit. Die skool was lekker en ek het die beste familie gekry ek kon nie vir ‘n beter familie gevra het nie.  Ek het baie prêt en alles is net baie LEKKER! Dankie vir die goeie huis wat julle vir my uitgesoek het ek waardeer dit baie.  Ons het so vir een dag ‘n bietjie sneeu gehad.

 

Dankie vir alles en jy moet lekker vlieg sien jou op die Switserland toer.

 

Groete en ‘n baie Geseënde Kersfees vir jou.

 

 

 Riehanné

Rayne Zaayman-Gallant

Merry Christmas!!

My your Christmas be lovely and bring you a lot of joy..  thank you again for all…🙂

It did snow on Monday and Tuesday and went up to -10 and then on Friday it all melted away… so no white Christmas, but still Christmas in Germany!!!

Regards
Rayne

El-Louise van der Merwe

More oom Lodie!!

 

Askies ek antwoord nou eers, maar dinge gaan maar dol..nie dat ek kla nie!!

 

Dit is wonderlik hier en alles is so anders, en so koud! Dit het nog net twee keer hier in Stadthagen gesneeu, maar was genoeg om ´n sneeu mannetjie te kon bou.

 

 

Skool was lekker, maar ek is tog bly ek het nie weer politiek klas wat nooit ophou nie, gaan die vriende wel mis!

 

 

As ons goedkeuring kry van tannie Petra Jacobi (ek dink my gas ma moet haar nog bel na kersfees) gaan ek saam die familie Parys toe vir nuwejaar, dis werklik ´n groot kersfees geskenk en ek kan nie meer wag nie!

 

 

Ek sien net so baie uit na die Switserland toe en dan gaan ek al my maatjies weer sien!!

 

 

Baie dankie vir hierdie wonderlike geleentheid, dit is werklik ´n kersfees wat ek nooit sal vergeet nie!

 

 

Ek hoop oom het ´n wonderlike naweek en ´n geseende Kersfees met ´n ryk Nuwejaar wat voorle. Oom verdien dit na al die harde werk!

 

 

 

 

Groete van hier ver af,

 

El-Louise van der Merwe

Ené Steyn

Halo Oom!

 

Ek het nog nie tyd gehad om vir oom ‘n boodskap te stuur nie. Jammer daaroor. Dit gaan baie goed met my hier in die suide van Duitsland in die klein dorpie Heubach, naby Stuttgart! My familie is ongelooflik gaaf en oulik! Ek eet elke aand die lekkerste kos. Ons het al pizza self by die huis gemaak, spaghetti geëet, en baie, baie brood… maar dit is net wonderlik!

 

Dit is my eerste keer oorsee en ek het nooit gedroom dat dit ooit so mooi sou wees nie! Toe hulle my die eerste dag by die lughawe kom haal het was dit so lekker om by die venster te kon uitstaar na die groen velde en woude met baie bome rondom my. En dit het so hard gereën maar dit was die beste belewenis. Toe ek daar aan gekom het, het dit nog nie gesneeu nie, maar na die eerste week, die Saterdag, toe ek my blindings optrek was daar net wit oral waar ek gekyk het! Dit was onbeskryflik mooi. Dit was asof God van bo in die hemel ‘n hele klomp versiersuiker oor die dorp gesprinkel het. Ek bly in ‘n huis wat nagals hoog sit, op ‘n heuwel en van my venster op die onderste vloer, kan ek die hele dorpie sien! Dit is vir my nog sovêr die beste!

 

 

My gaspappa het sovêr my elke oggend half 6 kom wakker maak en dan maak hy vir my en hom oggendete omdat die ander in die gesin nie in die oggend eet nie. Dit is baie lekker, want dit is dan ons bonding time… Ons eet brood met botter en konfyt of salami of nutela en dan nog hot chocolate ook. Hy maak ook dan vir my ‘n broodjie vir skool toe. Hy is baie snaaks en ek hou baie van hom. Ek en my gassussie, Sarah, stap elke oggend twintig voor sewe skool toe en dan begin die skool half 8. Dit is so lekker! Dit is yskoud, veral nadat dit begin sneeu het! Die skool is ook baie lekker. Daar is een meneer wat ek besonders baie van hou, Herr Schubert. Hy het sommer die eerste dag vir my gevra om die volgende dag ‘n presentation vir die klas te doen! Ek was nogal op my senuwees, maar dit het heel goed gegaan! Ek moes ook Happy Birthday in Afrikaans alleen voor die hele klas sing! Hy is ‘n besonderse gawe mens. Ek het een aand saam met die hele klas en saam met die menneer na Swabisch Gemund gegaan, na die Weihnachtsmark, waar daar oral goed te koop is en ons het almal daar buite gestaan en Gluwein en Kinderpunch gedrink, terwyl dit klip hard gesneeu het! Dit was ongelooflik! Die meneer het gese ek moet in Julie saam met die klas op hulle roei toer gaan! Die skool vind ek baie lekker en almal is baie gaaf! Die skole het Vrydag gesluit en begin eers weer 9 Januarie. So ek is nou op vakansie en dan gaan ek nog een dag skool toe op die 9de voordat ek die 10de moet vertrek!

 

 

Ons het ‘n regte Kersfees boom in die huis en het dit al versier en die persente staan onder die boom, reg om oop verskeur te word! Kersfees gaan baie lekker wees! Ek kan nie wag nie! ‘n Geseënde Kersfees en ‘n gelukkige nuwe jaar vir oom ook!

 

 

Die projek wat oom ons van vertel het klink regtig goed. Ek sal graag die jaar in ons skool wil geld insamel. Dit is ‘n wonderlike projek.

 

 

Ek kan nie glo daar is net nog twee weke oor nie! Dit is heeltemal te min! Ek wil op die oomblik vir altyd hier bly.

 

 

Groete

 

Ené

Dear Lodie

Firstly i would like to thank the FSA for this opportunity. I am having a blast here in Germany. The weather is not really a problem and i am loving the snow with all my heart. We recently built a snowman which was very exciting and funny. My host family is very kind and generous and school is wonderful. Everyone is just so sweet and friendly but the bus driver is very strict! My host sister and i are bonding very well and my host mom is impressed by all my hard work. I have learnt a lot and still am. The experiences are priceless!

I am enjoying Germany very much.🙂

Best Regards,

Naledi

Hay Lodie

It is good to hear from FSA again! I would like to say thank you so much for everything you have done for all the FSA particiüpants in 2011! I am having the time of my life! Germany is extremely cold but amazing and beautiful! My host family is awsome! they are loving and supportive and they have tought me so much! I am sorry if my tenses in this emáil is wrong but from speaking and understanding German 24/7 for the past few days I dont know right from wrong when it comes to english hehe! once again thank you for the opportunity and Merry Christmas!

Kind Regards

Karen Kruse

Hallo oom Lodie!!

Dit gaan sooo goed!! Die skole het gister gesluit en almal maak reg vir Kersfees. Ons het ´n bietjie sneeu gehad. Die mense hier se dit was maar min, maar vir my wat nie sneeu gewoond is nie was dit baie sneeu!! Dit is ongelooflik om in die oggend op te staan, uit te kyk by die venster en net wit te sien!! Die het vir drie dae aanmekaar gesneeu, so die sneeu het dik gele!! Ons het sneeumanne gebou (die een staan nou nog!!), snow-angles gemaak en lekker snowball fights gehad!! Dit was sooo ongelooflik lekker!! Ongelukkig het dit so paar dae terug begin reen en stadig maar seker het al die sneeu begin smelt. Hulle se dit lyk nie of dit ´n white Christmas gaan wees nie, maar dit pla my nie so baie nie… Vandag is dit lekker warm, so 8°C – haha (ek het nooit gedink ek sal se 8 °C is lekker warm nie!!). Die laaste week van die vakansie gaan ek en my gesin Berlin toe! Ek kan nie wag nie! Dit is regtig sleg om te hoor van die meisies wat moes huis toe gaan…. Maar dis waar wat oom se, as hulle dit nie geniet het nie is dit seker maar beter dat hulle huis toe is.

Ek sal graag meer wil weet van die Operation Smile sodat ek vir die mense in my skool kan vertel en wys hoe hulle betrokke kan raak en kinders se lewes kan verander.

´n Geseende kersfees vir oom en almal by die FSA!!

Hoop oom hulle geniet die Switzerland toer, maar ek weet sommer dit gaan ´n ongelooflike belewenis wees en verseker iets om te onthou..

Groete Esté Mathee

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s