Emails from parents and ex-participants / Eposse van ouers en ouddeelnemers

Lyndall Vorster (Junieprogram 2011)

 

Dit is nou al ‘n hele paar maande terug wat ek op die uitruilskema Duitsland toe was. Dit was vir my ‘n groot voorreg om deel te wees van hiertoe program en het my hele lewe verander.  Ek is so trots om te se dat ek vir ‘n maand by vreemde mense moes gaan bly en dat dit 4 fantastiese weke was!  Orals waar ek gaan vertel ek vir almal dat hullen moet deel word van die program en ‘n hele paar mense stel nou belang om dit hiedie jaar te doen.  Baie dankie vir die voorreg wat oom-hulle vir my gegee het om Duitsland toe te kon gaan!

Baie mense sal sê dat ek as persoon baie verander het en dat ek baie meer selfvertroue nou het as wat ek gehad het! My onderwysers ervaar my verandering baie positief. My siening oor die lewe het soveel verander en as gevolg daarvan het ek so baie gegroei in die afgelope paar maande.  Toe ons op die Switserlandtoer was het oom gevra wat het dit vir my lekker gemaak en vir ander nie… Ek bly nogsteeds sê dat dit te doen het met jou houding teenoor alles.  Jy moet dit vir jouself lekker maak en ‘n positiewe houding hê.  Ek het dit in daardie 4 weke geleer en het dit die afgelope paar maande op my lewe toe gepas.  Die lewe is net soveel lekkerder as jy jou houding reg het.  Ek het met ‘n positiewe houding op daardie vliegtuig geklim en het ‘n fantastiese 4 weke gehad. Oom het my ook baie help voorberei met die onderhoud.  Ek dink die manier hoe oom-hulle die keuring van die studente doen is puik en dat dit die rede is hoekom alles suksesvol afloop.

Kan nie wag vir my student in Julie nie! Weereens baie dankie vir die amazing geleentheid en ek sal dit die res van my lewe onthou!

Groete Lyndall Vorster

Ina Odendaal

Goeiedag Lodie en al die FSA personneel,

Wel, ek het Donderdagaand by die huis terug gekom.  Wat ‘n ongelooflike tyd van 6 weke.  Kan nie glo dit is nou verby nie.

Ek wil jullle bedank vir die wonderlike geleentheid, ek kan nie beskryf hoe baie ek geleer en ervaar het nie.

Die dat ek twee weke se skoolwerk van Graad 11 gemis het hier in SA maak nie eers saak nie, ek kan nie uitgepraat raak oor al my ervaringe in Duitsland nie.

Dankie vir die wonderlike reelings en goeie keuse met my gasgesin Die Kurobers.  Hulle was fantasties en het so baie moeite met my gedoen.

Die tyd het regtig gevlieg en al was die verlange groot terug huis toe, was dit nog steeds die moeite werd en ek so nie  omgegee het om langer te kon bly het nie.  As julle nuwe FSA lede het wat oorsee gaan kan hulle my gerus kontak vir raad ens.  Ek sal enige tyd met hulle kom praat.   Ek is nou oppad terug na die Bloemhof koshuis (Stellenbosch) so enige ander nuwe aansoeke wat in die omgewing is kan my gerus kontak as hulle inligting wil kry.  Hopelik sal ek hulle kan help.

Nogmaals baie, baie dankie vir die geleentheid en sterkte met julle keuse van die nuwe FSA lede die jaar.

Groete

Ina Odendaal

Ouers van Louise de Jonge

Goeie dag Lodie

Dis so lekker om te sit en luister na al Louise se Duitsland stories en dan besef ons net hoe ongelooflik die ervaaring was. Baie dankie aan die hele FSA span vir die goeie reelings. Mens besef nie altyd hoeveel werk daar in gaan met die organiseering van so tipe toer nie en ons wil net op reg Dankie se vir al die moeite.

Louise het haar gasgesin werklik baie geniet en ons wil u net bedank vir die moeite wat julle doen om die kinders wat gaan by ‘n gepasde gasgesin te plaas.

Sterkte met die reelings van die 2012 groep.

Ons wens julle “n geseende jaar

Groete

Cobus & Friedsie

Rachelle du Plessis

Hallo oom Lodie

Ek wil begin deur net baie dankie te sê vir die geleentheid wat ek gekry het om Duitsland toe te kon gaan. Dit was rerig ‘n wonderlike belewenis wat ek nooit sal kan vergeet nie! Ek het ook soveel lewenslesse deur die hele proses geleer en dink my selfvertroue het beslis ook baie gegroei! Het die wonderlikste mense daar ontmoet en die beste herinneringe op gebou en beslis ook bietjie Duitse vet aan my terug gebring. Dit was ook vir my moeilik om baai te gesê het vir my gasgesin en al my Duitse vriende, want net om te dink dat ek hulle nie weer sommer gou gaan sien nie. Hulle almal wil darem kom kuier so hoop maar dit gebeur.

Maar na die groet van my gesin het die wonderlike avontuur Switserland toe begin. Switserland was vir my ook ‘n hoogtepunt veral die sneeu omdat ek geen sneeu in Duitsland gesien het nie en om ‘n slag weer Afrikaans ook te kon praat. Het daar ook nog baie wonderlike vriende gemaak en daar ook baie herinneringe opgebou!

Ek kry Maandag ‘n geleentheid om in saal periode aan my skool terugvoering te gee oor my Duitse ervaring, alhoewel ek bietjie stres is ek ook opgewonde oor die geleentheid. Nadat ek my ervarings met my vriende gedeel het en hulle die foto’s gesien het, oorweeg heelwat van hulle om ook aan die program deel te neem.

Groot spesiale dank aan oom en tannie Alta en ook al die ander wat die reëlings vir die toer so glad laat verloop het.

Sterkte met oom se reëlings vir die volgende toer. Ek weet dit sal ‘n reuse sukses wees.

Groete

Rachelle

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s