Mail from parents and ex-participants / Pos van ouers en ouddeelnemers

Mynhardt Kruger

Geagte oom Lodie,

Ek stuur hierdie epos in diepe danksegging vir hierdie afgelope trippie na Duitsland!

Die mense by wie ek geplaas was, sowel as die Suid Afrikaanse mense saam met wie ek was, was/is indrukwekkende, vriendelike en aanvaarbare leerders! Dit was heel aangenaam en ‘n besonderse voorreg om saam met FSA op toer te kon gaan!

Sterkte met die motorfiets trip en dankie vir oom se beleefdheid en sagte hart!

Groete en alle voorspoed vir die nuwe jaar!!!

Mynhardt

Lihle Skeyi

Dear: Lodie,

Thank you so much for the opportunity you gave me to visit Germany, it was a different and at the same time exciting challenge for many of us.

Kind Regards
Lihle Skeyi

Nielda Smit

Hallo, Oom Lodie*

Ek wil net sê baie dankie vir die ongelooflike ervaring in Duitsland en veral Switzerland – Ek gaan dit nooit vergeet nie J

Dit voel nogal vreemd om terug te wees en skool toe te gaan asof die afgelope maand net ‘n droom was! Die temperatuur in Kimberley strek nou al bo 35 grade en ons almal vergaan van die warmte !

Groete,

Nielda

Ouers van Francois Jonker

Môre Lodie

Francois is veilig terug by die huis en reeds weer in die koshuis.  Die tyd het so gou verby gegaan, en daarom dat ek nou eers kans kry om net ‘n kort briefie te skryf om dankie te sê vir alles wat jy gedoen het om die wonderlike geleentheid vir die kinders moontlik te maak.

Francois kan nie uitgepraat raak oor die ondervinding en alles wat hy gesien en ervaar het nie.  Hy was ook by ‘n wonderlike gesin geplaas.  Die ouers en die kinders was vir hom baie goed en het uit hul pad gegaan om sy verblyf vir hom onvergeetlik te maak.  Ek dink dat hulle ook ‘n lewenslange verbintenis sal hê want daar word alreeds van hul kant gereël dat hy weer gedurende die somer moet gaan kuier en dat ons hom moet vergesel. Ons glo dat hul ook binnekort by ons ‘n draai sal kom maak.

Ek wil graag ook vir jou terugvoer gee ivm. Riaan se besoek aan Duitsland so ongeveer 6 jaar gelede, hy was op die 3 maande uitruilprogram. Ons het nog steeds kontak met sy gesin waar hy tuis was en sy  gasouers kom gedurende November vir die tweede keer by ons kuier.  Die kind wat by ons geplaas was met die uitruilprogram was reeds twee keer by ons en hy kom gedurende Augustus ‘n derde keer kuier en bring sy ouers ook saam.

Dit is vir my net weereens ‘n bewys van die deure en geleenthede wat vir die kinders oopgemaak word deur aan die progam deel te kon neem. Weereens baie dankie vir jou moeite en opoffering met die reëlings. Ons waardeer dit opreg. Ons wens is dat jul organisasie van krag tot krag sal gaan en voorspoed vir jou met die volgende program.

Groete

Frikkie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s