Sommer so ongevraag en onverwags …

Sommer so ongevraag en onverwags maar baie welkom het twee van ons oudleerlinge van hulle laat hoor. Baie dankie ouens, ons was bevoorreg om julle op ons program te kon hê.

Michelle Coetzee skryf:

Ek en my sussie, Charissa Coetzee (nou Deats) was altwee deel van die FSA uitruilprogram. Sy was Junie 2005 oor en ek in Desember 2010.

Ek en my ouers was onlangs weer in Duitsland gewees en ek, persoonlik, wil net dankie sê vir die wonderlike geleentheid wat die FSA aangebied het, vir beide my en my sussie en al die ander mense wat deur die progam geraak het. Dit het my as persoon werklik verryk, asook die manier wat ek dink en het my horisone baie verbreed. Ek was baie bang om Duitsland toe te gaan, want die ooreenkoms tussen my en my ouers was dat ek trompoppies moet opgee en ek was hoofvlag op die stadium. Op die tyd was dit my grootste passie en ‘n hegte verbintenis aan baie herinneringe wat ek het as kind. Maar om Duitsland toe te gaan was die beste keuse wat ek sekerlik in my hele lewe gemaak het. In die maand se tyd wat ek daar was het ek meer geleer as wat ek in 14 jaar van betrokke wees met trompoppies ooit geleer het.

As ek nou terug kyk na die tyd voor ek Duitsland toe was, en hoe ek toe dinge gesien en ervaar het, teenoor nou is daar ‘n baie groot verskil en ek dink die uitruil program was werklik ‘n draaipunt in my lewe op verskeie aspekte.

Ons het vir my gesin gaan kuier (Anne Theuer familie) en wou graag Felicia (Ehrmann) ook sien, maar daar was ongelukkig te min tyd gewees. Ook, my sussie se duitse uitruil student Anna Mehrens gaan vir ons kom kuier in Desember hierdie jaar en in die begin van Januarie. Ek is steeds in kontak met beide Laura (Theuer) en Felicia, mense wat beide baie kosbaar is vir my, asook Anna.

Die doel van die e-mail is basies net om dankie te sê dat die regte mense op my pad gekom het deur die FSA en dat ek gekies was om die wonderlike ervaring te kan ervaar.

Groete,

Michelle

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s