Terugvoer van Helene du Toit

Beste oom Lodie en almal by die FSA

Die kwartaal is al weer halfpad! Vandat ek terug is van Duitsland af, het my voete nog nie grond geraak nie! Vandag kon ek van die koshuis huis toe kom vir ‘n spesiale perdry oefening en het ek dus tyd om al die agterstallige take af te handel! Die belangrikste is ‘n groot dankie aan die FSA!!

Ek wil graag vir almal wat ‘n rol gespeel het om my besoek aan Duitsland ‘n onvergeetlike ondervinding te maak, bedank. Ek weet daar was baie, baie reëlings om af te handel en ek waardeer elkeen betrokke se moeite en tyd opreg.

Ek het werklik ervaar hoe die Duitsers leef en werk en het van die begin af welkom gevoel en is soos een van hul gesin behandel. My “Duitse familie” het geen moeite ontsien om my van hul tradisies en gebruike te leer nie. Hulle het ook moeite gedoen om my aan hul vriende en familie bekend te stel en so het ek dus baie nuwe vriende gemaak. Alles was nie net ernstig nie – ons het baie pret gehad en lekker dinge gedoen en baie mooi en interessante plekke in hul omgewing besoek. Selfs skool toe gaan was anders en interessant en moet beslis deel van ‘n uitruilprogram wees!

Die maand in Duitsland het my uitkyk op die lewe verbreed en my aan so baie nuwe dinge en idees blootgestel. Ek sal dit vir niks verruil nie! Ek het beslis meer ingelig terug gekom en het nuwe, kosbare vriende vir die res van my lewe gemaak.

Ek weet ek is bevoorreg om deel te kon wees van die FSA-uitruilprogram. Nogmaals baie dankie vir ‘n wonderlike geleentheid.

Groete

Helene du Toit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s