Terugvoer!

Terugvoer van een van ons 2013 Juniedeelnemers J

Beste A,

Ek wil net weereens baie dankie sê ek het ‘n ongelooflike ervaring gehad!!

Ek het terug gekom met ‘n heeltemal ander siening oor ons land, skool, geloof, huisgesinne, die manier hoe ons leef en baie meer!!

Ek waardeer ook alles meer, iets so eenvoudigs soos skoolklere… dit bring soveel meer dissipline in die skool sisteem !

Alhoewel die skole in Duitsland se tegnologie baie meer gevorderd is!! In die skool waar my Duitse sussie is het elke klas elektriese gordyne

en inter aktiewe borde gehad!

Ek was bang, dat ek nie gaan aanpas of inpas nie. Maar my gesin het my so gemaklik laat voel en uit hulle pad uit gegaan om vir my soveel as moontlik te wys en te sorg dat ek met soveel as moontlik ‘memories’ terug keer na Suid-Afrika toe!

My gesin het my Berlin toe gevat… ek is so gelukkig, ek het dis verskriklik baie geniet! Ek sal enige dag weer terug gaan soentoe om nog geskiedenis toere te doen!

Ek het as ‘n meer volwasse persoon teruggekom. Om alleen in ‘n vreemde land met ‘n vreemde taal en vreemde mense te spandeer het ek geleer om vir myself op te staan en vir myself te dink!!

Een ding wat my verbaas het was die ongelooflike mooi argitektuur, elke gebou, kerk, kasteel… ek kon nie genoeg fotos neem nie!!

Die strate was orals so mooi skoon, geen papiertjie het IEWERS gelê nie.

Die publieke vervoer was aan die begin bietjie vreemd maar na die eerste week was ek gewoond daaraan .

Terug by die huis het ek ‘n voorlegging in die saal gedoen . Die kinders was mal oor dit , elkeen kom na my toe en vra vir meer inligting.

Ek kan nie ophou praat oor al die ervarings nie. Ek het eindelose gesprekke met my ouers, grootouers en maats!

Maar al was Duitsland vir my so vreeslik lekker, bly Suid-Afrika maar nog die land vir my!:)

Baie dankie dit word waardeer!!

Z

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s