Bydrae van ‘n oud-deelnemer

Beste FSA,

Ek het aan die Junie/Julie 2008 uitruilprogram na Duitsland deelgeneem. Ek het in Jever in die noorde van Duitsland by die familie J gebly vir die maand. Gedurende die maand het ek ongelooflike ondervinding opgedoen en ook goeie vriendskapsbande met die hele gesin gesmee.

Ek het daarna kontak met die gesin behou en in Desember 2012 het ek en my gesin in Duitsland by die J-gesin in Jever vir 4 dae gekuier. My ouers het ook dadelik groot vriende met hulle geword en kontak gehou nadat ons terug gekom het. Ons gesin van Suid-Afrika en die J- gesin in Duitsland het groot vriende geword.

Die afgelope week het J en B J by my en my gesin op die plaas in die Vrystaat kom kuier nadat hulle op `n 2 weke lange toer in die Kaap was. Ons het vreeslik lekker gekuier en vir hul die hele omgewing gewys. Die vriendskapsbande het versterk. Die afskeid op die lughawe het met baie trane gepaard gegaan.

Ons Suid Afrikaanse gesin en die J-gesin van Duitsland voel nou al so goed soos familie en hopelik kan ons nog baie in die toekoms by mekaar kuier.

Ek het dit goed gedink om dit met u te deel om rede die FSA program die rede vir die ontstaan van die vreindskap was. Daarom wil ek ook net vir u baie dankie en baie geluk s̻ met die wonderlike program, dit het goeie vriende van Duitsland in my en my gesin se lewe gebring. Ons het baie kennis van die lewenswyse van die mense van Duitsland so opgedoen en hulle kultuur en gewoontes leer ken. Die Duitsers se kennis van Suid РAfrika het geweldig verbreed na hul kuier hier.

Groete

A R

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s