Nog ‘n bydrae van ‘n oud-deelnemer

Beste FSA,

Ek was in 2007 deel van die 3 maande-uitruilprogram. My gasgesin het in Weinboehla naby Dresden in die Ooste gebly. My gassussie het een van my beste vriendinne geword. In 2011 was ek deel van ‘n mini uitruilprogram by Humboldt Universitaet zu Berlin (via die Universiteit van Stellenbosch). Ek en my gassussie het mekaar in Dresden ontmoet en het 2 ongelooflike dae saam gekuier. Dit het gevoel asof niks verander het nie. Ons het ‘n fietstoer langs die Elbe gedoen, lekker saam gekook en een aand ‘n ander vriend oorgenooi vir aandete. Elkeen het hulle foto’s van reise en toere gewys, en stories vertel. Toe is dit tyd vir my om terug te keer SA toe.

Ek het my graad in BA Taal en Kultuur voltooi, asook Honneurs in Frans.

Ek bly nou al langer as ‘n maand in Frankryk, Sarreguemines naby Duitsland. Daar is soveel Franse wat Duits kan praat en ook gesinne met ‘n Franse ma en ‘n Duitse pa, of omgekeerd. As daar ‘n Franse woord is wat jy dalk nie ken nie, vra hulle of hulle Duits of Engels moet praat. Hoekom bevind ek my hierso? Ek is besig met ‘n assistentskap by ‘n skool. Ek gee klas vir 14 – 20-jariges. Dit is vetpret! Ek geniet die kinders, hulle vrae en die snaakse oomblikke. Ek bly in ‘n woonstel hier by die skool wat ek met die skool se Duitse assistent deel. Sy kom oorspronklik van Bonn af en ons kom net so goed oor die weg. Sarreguemines bestaan meestal uit kinders, getroudes en bejaardes. Daarom is dit pret om iemand van my ouderdom by my te he. Ons het nou 2 weke vakansie gehad. Ek was in Beynes naby Parys waar ek by ‘n gesin van SA gekuier het ons het een aand potjiekos gemaak, Canasta gespeel en "France got talent" (La France a un incroyable talent) gekyk. Een Sondag is ek saam met die gesin kerk toe – ‘n piepklein Evangeliese kerk in Plaisir, maar die vlam vir God brand net so warm en passievol soos by enige ander gemeente. Deur die dag het ek gewoonlik Parys toe gegaan en het ek die stad ontdek, en die metro-sisteem verken (wat omtrent soos Berlyn se S-Bahn en U-Bahn werk).

Nou ja, Kersfees is ek oppad na my gassussie toe. Sy bly nou in Bremen waar sy studeer. Hulle is soos familie vir my en daarom sal dit net so spesiale Kersfees soos enige ander wees – samesyn, liefde, familie, vriende.

Sonder FSA sou ek nooit hierdie geleentheid gehad het nie! Dankie, dankie, en nogmaals dankie!

Groete

A R

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s