‘n Mooi stem uit die verlede …

Alida, Junie 2005, op die aand van haar vertrek Duitsland toe.

Alida, Junie 2005, op die aand van haar vertrek Duitsland toe.


Daardie jare het die FSA deelnemers met Air Namibia Duitsland toe gevlieg.

Daardie jare het die FSA deelnemers met Air Namibia Duitsland toe gevlieg.


Alida, nege jaar na haar deelname aan die program.

Alida, nege jaar na haar deelname aan die program.


Beste Lodie (en destydse Bella).🙂

Ek was in 2005 in die 25 Junie-tot-24 Julie-program, en my gassussie het in Jun/Jul 2006 by ons kom bly. Ek het ook die fietstoer om die Bodensee gedoen. Wat ‘n belewenis! Die treinry skool toe, heeltemal te veel sjokolade-croissants, stappies met my gasgesin se lelike hond, “daguitstappies” saam met die mense, heeltemal te min foto’s…

Daar gaan bittermin Junie- en Juliedae verby waarin ek nié aan my maand in Duitsland dink nie. Ek mis dit. Ek is darem nog in kontak met ‘n paar mense van my groep.

Lodie, op die fietstoer-DVD het jy Queen se “I want to ride my bicycle” gebruik – elke keer as ek die song hoor, kom al daai herinneringe terug.🙂 Dankie, dankie, dankie dat ek daarvan kon deel wees!

Ek bránd om terug te gaan en meer van Europa te gaan sien. Ééndag…

Ek wou eintlik maar net vir julle hallo en dankie sê – ek’s bly om te sien julle’s nog springlewendig! Hou so aan – my kinders moet ook eendag…🙂

Liefde,
Alida

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s